Pous besoek Suid-Soedan, DRK die week

Pous Franciskus sal môre sy reis na die Demokratiese Republiek van die Kongo en Suid-Soedan begin. Sy Afrika-besoek sal tot 5 Februarie duur. Die besoek neem die 86-jarige pous na twee lande waar Katolieke ongeveer die helfte van die bevolking uitmaak en waar die kerk ‘n sleutel rol speel in gesondheid- en onderwysstelsels sowel as in pogings om demokrasie te bou. Die reis was geskeduleer om verlede jaar Julie plaas te vind, maar is uitgestel weens die pous se knie-probleme. Albei Afrika-lande word deur armoede en geweld geteister al is hulle ryk aan natuurlike hulpbronne.