Reaksie op Kaaronda se verkiesing as nuwe Swanu-president

Voormalige Swanu-president Tangeni Iijambo is vol vertroue dat die land se oudste politieke organisasie in goeie hande is onder die rentmeesterskap van die voormalige vakbondlid, Evalistus Kaaronda. Kaaronda is die naweek op ‘n omstrede kongres buite Windhoek as Swanu-president verkies. Politieke analis, dr. Phanuel Kaapama, gee sy opinie aan Kosmos 94.1 Nuus oor die verkiesing van Kaaronda.