Emirates wil dienste na SA uitbrei

Die Dubai-gebaseerde lugredery, Emirates, sê dit het sedert die verslapping van die Covid-19-reisbeperkings ‘n dramatiese toename in die vraag na vlugte na en van Suid-Afrika ervaar. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent, sê die redery kyk ook na uitgebreide samewerking met Airlink.