Eskom se netwerk onder erge druk

Eskom het bevestig hy probeer tans om ‘n stelsel onder erge druk te bestuur wat veroorsaak dat die land se kragnetwerk op noodreserwes funksioneer. Die kragvoorsiener se hoofbestuurder in die Opwekkingsafdeling, Rhulani Mathebula, sê agt eenhede het onklaar geraak, wat gelei het tot ‘n onbeplande verlies van 14-duisend-758 megawatt. Mathebula sê sekere eenhede verkeer in gevaar weens verskeie gebreke, insluitend buise wat lek. Hy sê hulle werk daaraan om die betrokke eenhede teen die naweek te herstel: