Rassie se verhoor begin vandag

Rugby: Rassie Erasmus en SA Rugby se verhoor vir beweerde wangedrag vind die
naweek plaas. Wêreld-rugby het hulle amptelik aangekla na Erasmus, die direkteur van
rugby, ‘n video gepubliseer het waarin hy wedstrydbeamptes kritiseer. Dit het gevolg op
die Springbokke se nederlaag van 22-17 teen die Britse en Ierse Leeus in die eerste
toets in die Kaapstad-stadion in Julie. Die verhoor vind vandag en môre plaas. Die
Springbokke begin volgende naweek hulle toer van drie wedstryde met ‘n wedstryd teen
Wallis in Cardiff, om die seisoen af te sluit.