Ramaphosa optimisties oor Maandag

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê hy is optimisties dat die party ná Maandag se plaaslike regeringsverkiesing as oorwinnaars uit die stryd gaan tree. Ramaphosa het by die ANC se veldtog in Soweto gepraat. Hy sê hulle het deur die buurland getoer en na mense se bekommernisse geluister, en die party het belowe om dienslewering te verbeter.