Ramaphosa ontmoet Vrystaat-gemeenskappe

President Cyril Ramaphosa gaan vandag die regering se ontmoeting met gemeenskappe in Mangaung in die Vrystaat lei. Dit sal vandag se presidensiële imbizo in die metro voorafgaan. Die kabinet het vandeesweek die nasionale uitvoerende gesag se ingryping in die bestuur van Mangaung goedgekeur. Nadat die Vrystaat se provinsiale uitvoerende gesag versuim het om ‘n finansiële herstelplan in werking te stel, is die munisipaliteit nou onder nasionale administrasie geplaas.