Will Smith vir ‘n dekade verban van Oscars ná klap

Die akteur Will Smith mag vir tien jaar geen geleenthede, insluitend die Oscar-prysuitdeling, van die Academy of Motion Pictures Arts and Sciences bywoon nie. Smith het die aanbieder Chris Rock op 27 Maart ten tyde van die 94ste Oscar-toekennings op die verhoog geklap. Die straf is geldig vanaf 8 April. Dit beteken ook Smith mag geen geleenthede virtueel bywoon nie. Smith wat vroeër om verskoning gevra en uit die Akademie bedank het, sê hy aanvaar en respekteer die Akademie se besluit.