Trump en sy kinders moet in New York getuig

Die voormalige Amerikaanse President Donald Trump en sy twee kinders, Ivanka en Donald Trump Junior, sal op 15 Julie onder eed getuig in die burgerlike ondersoek na Trump se sakepraktyke. Die New Yorkse prokureur-generaal Letitia James stel ondersoek in of die Trump-organisasie bedrieglike of misleidende waardasies van bates gebruik het om ekonomiese voordele soos lenings, versekeringsdekking en belastingkortings te kry. Die Trumps het tot Maandag tyd om die Appèlhof uitstel te vra voor hulle in James se ondersoek getuig.