Ramaphosa erken SA vroue leef in tronke van vrees

Terwyl Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa erken die vroue van Suid-Afrika is moeg daarvoor om in tronke van vrees te leef, meen die DA die President moet pa staan vir elke vrou wat in die land verkrag of vermoor word. Ramaphosa het vandag in ‘n toespraak in Richmond, KwaZulu-Natal, gesê die vlaag van geweld teenoor vroue plaas ‘n demper op die vieringe van nasionale Vrouedag.