IUM hou sooispitseremonie vir nuwe kampus op Eenhana

Die Internasionale Universiteit van Namibië, IUM het ‘n sooispit-seremonie gehou vir sy nuwe kampus by Eenhana in die Ohangwena-streek. Fase een van die hoë-tegnologiekampus sal 25 miljoen Namibiese dollar kos. IUM het tans kampusse in die Khomas-, Oshana-, Kavango-Wes- en Erongo-streke. Die stigter van IUM, dr. David Namwandi, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.