Brittanje sê seekatte en inkvisse kan voel

Die Britse omgewingsdepartement sê die land sal ‘n wysiging by sy Wetsontwerp op Dierewelsyn byvoeg. Dit sal voorsiening maak vir die herkenning van gevoelige wesens soos seekatte en inkvisse. Volgens ‘n verslag van die London Skool van Ekonomie en Politieke Wetenskappe is bevind dat hierdie diere pyn, plesier, honger en dors kan voel. Volgens die verslag is dit is dit te wyte aan die “komplekse sentrale senuweestelsel” van die wesens.