Ramaphosa bring hulde aan Frene Ginwala

President Cyril Ramaphosa het Frene Ginwala geloof oor haar formidabele patriotisme. Die stigter-speaker van die parlement en ontvanger van die Orde van Luthuli is in die ouderdom van 90 in haar huis oorlede ná ‘n beroerte twee weke gelede. Ginwala het die teen-apartheidstryd en Suid-Afrika se demokratiese bedeling as prokureur, akademikus, politieke leier, aktivis en joernalis gedien. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het sy medelye aan haar familie oorgedra.