Varkvleistekort in Namibië

Volgens die Vleisraad van Namibië ervaar Namibië tans ‘n tekort aan varkvleis in die land. Restaurant-eienaars ervaar ‘n gebrek aan varkvleis en Namibiërs kla hoe duur polonie en salami is. Plaaslike produksie kan net sowat 50 persent van die binnelandse verbruik kan ondersteun. Verlede jaar Augustus het Suid-Afrika meer as 100 gevalle van bel-en-klouseer aangemeld. In dieselfde maand het Namibië die opskorting van vee-invoere en ander verwante vleisprodukte uit Suid-Afrika en Botswana aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, hoof van bemarking by die Vleisraad van Namibië, gesels.