Sokker: SA skeidsregter onder top-vyf

Sokker: Die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Victor Gomes word gereken as een van die top-vyf wedstrydbeamptes deur die Internasionale Federasie van Sokker-statistiek en Geskiedenis. Gomes is saam met 24 ander skeidsregters benoem vir die toekenning van die Wêreld se Beste Mans Skeidsregter vir 2022. Die 40-jarige is in die vyfde plek met die wenner die Poolse skeidsregter, Szymon Marciniak. Hy het die fluitjie hanteer in die opwindende eindwedstryd van die Fifa Wêreldbeker tussen Argentinië en Frankryk