Rahm, Hovland en Koepka loop voor by Augusta

Jon Rahm, Viktor Hovland en Brooks Koepka het uitstekende sewe-onder-syfer 65’s gespeel en loop voor in die Meesterstoernooi by Augusta ná dag een. Rory McIlroy het weer stadig weggespring. Die 33-jarige speler van Noord-Ierland het vyf voëltjies aangeteken, maar hulle is gekanselleer weens brou-houe en ‘n dubbele brouhou, wat hom gelyk aan baansyfer 72 gelaat het. Die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, is goed geplaas na ‘n vier-onder 68, terwyl Tiger Woods met ‘n 74 gesukkel het. Stormagtige weer word vir die volgende twee dae voorspel, wat die vooruitsigte verhoog van ‘n eerste Maandag-afsluiting sedert 1983.