Rafa wil elke oomblik geniet

Die 22-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal sê hy wil elke oomblik geniet van die jaar, wat hy verwag sy laaste sal wees. Hy speel vandag in die eerste ronde van die Barcelona-ope teen die Italianer Flavio Cobolli. Nadal, wat in Junie 38 word, sukkel al meer as ‘n jaar lank met sy fiksheid en het laas ‘n kleinbaanwedstryd gespeel toe hy die Franse Open in 2002 die 14de keer gewen het. Hy sê hy het nog glad nie ‘n spertyd gestel vir sy uittrede nie: