Kraamverlof kos die meeste vir SSC

Plaaslike media berig dat daar 1,7 miljard Namibiese dollar tussen 2017 en 2023 in kraamverlof uitbetaal is. Die Maatskaplike Voorsorgkommissie sê die bedrag beslaan 77 persent van alle voordele wat uitbetaal is en 2,2 miljard dollar beloop. Die kommissie het 309 miljoen dollar op aftrede betaal sowel as 169 miljoen dollar vir siekverlof en 75 miljoen dollar vir sterftes. Op die oomblik word drie maande se kraamverlof toegelaat maar daar is beroepe vir ‘n verlenging met ‘n maand.