Raab waarsku Rusland oor moontlike inval

Die Verenigde Koninkryk se adjunk-eerste minister, Dominic Raab, sê daar bestaan ‘n ernstige gevaar dat Rusland die Oekraïne kan binneval. Hy sê indien dit gebeur, sal dit groot ekonomiese gevolge inhou wat sanksies insluit. Rusland gaan voort met die opbou van sy militêre mag en daar is na raming reeds sowat 125 000 soldate op die Oekraïnse grens saamgetrek. Raab sê Rusland moet die basiese voorskrifte van internasionale wetgewing nakom en om ‘n ander land in te val, is nie een daarvan nie: