F1 in Australië – almal moet ingeënt wees

Die Australiese Grand Prix word in April gehou. Dis die derde wedren op die 2022 Formule Een-kalender en word voorafgegaan deur die wedrenne in Bahrain en Saoedi-Arabië. Die baas van die Australiese Grand Prix-korporasie, Andrew Westacott, sê almal is duidelik ingelig oor toelatingsvereistes tot beide Australië en Albert Park. Dit behoort die wedren te beskerm teen enige polemiek oor wie die land mag inkom, soos onlangs gesien is met die tennisster Novak Djokovic wat deporteer is. Volgens Westacott is die Australiese Grand Prix ‘n geleentheid waar almal 100 persent ingeënt moet wees.