Covid: Positiewe koers van 7,6%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 61 nuwe gevalle uit 801 toetsuitslae aangemeld wat ‘n positiewe koers van 7,6 persent verteenwoordig. In die groep is 11 leerders van verskillende skole, en een onderwyser. Daar is nou 8 566 aktiewe gevalle, waarvan 229 pasiënte in hospitale is en 29 in hoësorgeenhede. Altesaam 354 623 volwassenes, 24,1 persent van die teikenbevolking, is ten volle ingeënt.