Putin sê nog groot aanvalle op Oekraïne is onnodig

Russiese President Vladimir Putin sê nog groot aanvalle op Oekraïne is nie nodig nie omdat alle spesifieke teikens getref is. Hy sê Rusland wil nie die land vernietig nie en die ontplooiing van Russiese troepe is so te sê afgehandel. Volgens Putin is 222 000 van die 300 000 reserviste gemobiliseer wat die Russiese ministerie van verdediging as doelwit gestel het. Altesaam 33 000 van hulle is reeds in militêre eenhede opgeneem en 16 000 is betrokke by gevegte.