Bulle ly tweede nederlaag in VRK

Rugby: Die Bulle het gisteraand hulle tweede agtereenvolgende nederlaag in die Verenigde Rugbykampioenskap gely. Munster het hulle met 31-17 geklop in Limerick, Ierland. Die span van Pretoria het verlede naweek ook teen die Glasgow Warriors verloor. In Durban het Eben Etzebeth ʼn uithaler vertoning gelewer in sy debuutwedstryd vir die Haaie en gehelp dat hulle ʼn bonuspunt-oorwinning oor Glasgow behaal met 40-12. Vroeër het Ulster die Leeus met 39-37 op Ellispark geskok. Die Stormers en die Ospreys het Vrydag in Swansea, Wallis, gelykop gespeel met 16-elk.