Putin bedreig ons almal – Trudeau

Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, sê Rusland se inval in die Oekraïne het vrede en stabiliteit in Europa en regoor die wêreld bedreig. Die premier het deelgeneem aan ‘n telekonferensievergadering met onder meer die Amerikaanse President Joe Biden en leiers van die Europese Kommissie. Trudeau sê Rusland se sinnelose oorlog het vreedsame, demokratiese lande bymekaar gebring ter ondersteuning van Oekraïne: