Protea-boulers vernietig Engeland se kolwers op Lord’s

Krieket: Suid-Afrika se boulers het Engeland se kolwers vernietig en die eerste toets op Lord’s met nie minder nie as ‘n beurt en 12 lopies gewen. Die tuisspan is in hulle eerste beurt uitgeboender vir 165, met Kagiso Rabada wat vyf paaltjies ingeoes het. Suid-Afrika het toe 326 aangeteken vir ‘n voorsprong van 161 lopies. Die besoekers het op die derde dag van die toets Engeland ‘n twee keer uitgeboul vir net 149 lopies. Anrich Nortjé het drie paaltjies geneem en Rabada, Marco Jansen en Keshav Maharaj, twee paaltjies elk.