Aantal moorde het in SA toegeneem

Die Suid-Afrikaanse ministerie van polisie het die misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2022/2023-boekjaar vrygestel. Die Oos-Kaap het die hoogste moord-verhouding, met 18 moorde per 100 000 mense, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Volgens ‘n woordvoerder, Norman Sekhukhune, was 18 persent van die moord-slagoffers vroue en kinders. Sekhukhune sê die algemeenste motiewe vir moord is padwoede, argumente en misverstande, wraak en skare-geregtigheid.