Nigerië ly reuse-verliese weens ruolie-diefstal

Nigerië se President Muhammadu Buhari is bekommerd oor grootskaalse ruolie-diefstal wat die land se inkomste enorm raak, het hy vandag tydens ‘n vergadering in Abuja aan ‘n groep staatsamptenare gesê. Buhari sê dat Nigerië nie in staat was om van sy finansiële verpligtinge teenoor sy burgers na te kom nie weens olie-diefstal. Staatsdienswerkers versoek ‘n loonverhoging as gevolg van dubbelsyfer-inflasie in die land in Wes-Afrika. Nigerië het in die eerste kwartaal van vanjaar 1 miljard Amerikaanse dollar aan inkomste verloor weens diefstal, volgens die olie-reguleerder.