Privaat seremonie en verassing vir FW

Wyle FW de Klerk se begrafnis en verassing vind Sondag plaas. Die 85-jarige oud-president is Donderdag oorlede na ‘n stryd met kanker. Die FW de Klerk-stigting sê die begrafnis sal ‘n private seremonie vir familielede wees en nie vir die media oop wees nie. De Klerk was die laaste president tydens die apartheidsera. Hy het in 1990 opdrag gegee dat Nelson Mandela na 27 jaar in die tronk vrygelaat word. Mandela en De Klerk het drie jaar later die Nobelprys vir Vrede gedeel vir hulle rol in die vreedsame oorgang na demokrasie.