Merkbare toename in misdaad, veral verkragtings

Die jongste misdaadverslag van die Namibiese polisie het ‘n aantal sake aangemeld wat wissel van moord, diefstal, verkragting en selfmoord. Die merkbare toename is volgens Nampol aangesien ons stadigaan die feesseisoen nader en Covid-regulasies nie so streng soos voorheen is nie. Elifas Kuwinga, hoofinspekteur van NamPol, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.