Covid: 0,6% toets positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, ‘n positiewe koers van 0,6 persent. Tsandi het drie en Windhoek een. Dit sluit twee leerlinge en ‘n gesondheidswerker in. Daar is steeds 131 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 129 052. Die totale sterftesyfer is tans 3 564, en die herstelkoers staan op 97,1 persent. ‘n Totaal van 282 696 persone is ten volle ingeënt.