Privaat dokters in Soweto toenemend geteiken

Die Soweto Independent Practitioners Association sê privaat dokters in Soweto, Johannesburg, oorweeg dit om uit die township te trek ná die toename in rooftogte by dokterspraktyke. Volgens die vereniging is minstens een praktyk elke week in die afgelope tien weke beroof. Die woordvoerder, Brenda Sibeko, doen ‘n beroep op owerhede om te help om die oortreders aan te keer.