DA beskou beoordeling van ministers as ‘n sege

Die DA beskou die onlangse evaluering van kabinetsministers teenoor hul eie prestasie-ooreenkoms-teikens as ‘n oorwinning. Die party sê dit het goeie uitslae opgelewer omdat President Cyril Ramaphosa blykbaar toegegee het aan druk om korrupte ministers aanspreeklik te hou. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die beoordeling sal waarskynlik vind dat slegs 32 persent van die 757 meetbare teikens wat vir Ramaphosa se kabinet gestel is, bereik is en dat nie ‘n enkele minister volgens ‘n aanvaarbare standaard presteer nie.