Water uit sommige Suide-damme vrygelaat

Water is uit sekere Suide-damme volgens die NamWater se dambulletin vrygelaat, omdat hulle oorvol is. Uit die Hardapdam is 2,171 miljoen kubieke meter water vrygelaat en sy vlak staan nou op 71,8 persent. Die Nautedam is steeds 103,4 persent vol nadat 2,91 miljoen kubieke meter water vrygelaat is en die Neckartaldam se vlak staan op 99,8 persent. In die sentrale gebied is die Swakoppoortdam ook steeds baie vol op 94,5 persent, maar die Von Bachdam is net 51,4 persent vol teenoor verlede jaar se 80,3 persent die ooreenstemmende tydperk.