Prins Harry en Meghan versuur William en Kate se besoek aan VSA met Netflix-dokkie

Prins William, die prins van Wallis en Amerikaanse President Joe Biden het by Boston se waterfront ontmoet tydens die besoek deur die Britse koninklikes om die fokus op omgewingskwessies te vestig. William en sy vrou Kate het probeer om die fokus op die klimaat en ander sake te hou tydens hul eerste oorsese reis nadat die titels van prins en prinses van Wallis ook aan hulle toegeken is ná koningin Elizabeth II se afsterwe in September. Tydens hul besoek aan die VSA het Netflix egter ‘n lokprent vrygestel vir ‘n komende dokumentêre reeks oor Williams se jonger broer, prins Harry en sy Amerikaanse vrou Meghan, wat praatjies oor ‘n skeuring in die koninklike familie laat herleef.