Namibiese verbruikers is ook in ‘n sinkende geldbootjie

‘n Namibiese ekonomiese kenner het gereageer op Deloitte se Toestand van die Verbruiker-opname wat verbruikers in 24 lande navors. Dit dui daarop dat Suid-Afrikaanse verbruikers die derde angstigste ter wêreld is. Volgens Rodger George van Deloitte het die opname getoon Suid-Afrikaanse verbruikers is bekommerd oor finansies. Sowat 70 persent van Suid-Afrikaners is bekommerd oor die stygende lewenskoste. Laer inkomstegroepe bestee geld aan kos en noodsaaklikhede. George sê 38 persent van die respondente, sê hulle het nie geld oor nadat hulle hul uitgawes betaal het nie. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiërs is in dieselfde bootjie.