President van CAF sê sokkertoeskouers se veiligheid en gesondheid is belangrik

Die president van die Konfederasie van Afrika-sokker Patrice Motsepe sê toeskouers se veiligheid en gesondheid is uiters belangrik en die wetlike aspekte van die stormloop in Kameroen is op hierdie tydstip van minder belang. Hy het gepraat ná die tragedie wat minstens agt lewens geëis het tydens ‘n stormloop voor die Afrikabeker-wedstryd teen die Comore-eilande in Kameroen. Die stormloop was as gevolg van skares wat probeer het om toegang tot die Olembe-stadion in die hoofstad Yaounde te verkry.