Ontwikkelingsbank van Namibië stel Hellen Amupolo as hoof van beleggings aan

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het Hellen Amupolo as hoof van die beleggingsdepartement aangestel nadat sy die posisie in ‘n waarnemende hoedanigheid beklee het. Sy het in 2008 by die bank aangesluit en gehelp om die tak op Ongwediva te stig. Di-Anna Grobler, skakelbeampte van die bank, bevestig aan Kosmos 94. 1Nuus Amupolo se aanstelling.