Pres. Hage Geingob wen Olimpiese naellopers geluk

Namibiese President Hage Geingob het vandag ‘n vrolike 80ste verjaardag gehad. Hy het die twee Namibiese atlete en hul afrigter Henk Botha geluk gewens met hul prestasies in die 200 meter finaal by die Tokio Olimpiese Spele. Christine Mboma het ‘n silwer medalje gewen in ‘n tyd van 21,81 sekondes. Beatrice Masilingi het sesde gekom in ‘n tyd van 22,28 sekondes, maar wel die onder 20 wêreldrekord gebreek. Geingob het gesê hy is trots op hulle en hulle laat die Namibiese vlag hoog wapper.