‘Namibië oes gewoonlik 150 000 ton mielies per jaar’

Met Namibië wat goeie reën tydens die reënseisoen ontvang het, word goeie oeste verwag. Kan Namibiese boere hul oeste, veral witmielies, na buurlande of ander belangstellende lande uitvoer? Namib Mills se uitvoerende hoof, Ian Collard sê Namibië se mielieoes is gewoonlik 150 000 ton, maar verskil van jaar tot jaar volgens die reënseisoen. Collard verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.