Dodetal van oorstromings in China styg tot 302

Die dodetal in oorstromings in die suide van China het tot minstens 302 gestyg, en 50 mense word nog vermis nadat swaar reënval die provinsie Henan twee weke lank geteister het. Die provinsiale hoofstad, Zhengzhou, met sy 12-miljoen inwoners is die swaarste getref, met 292 sterfgevalle. Nege-en-dertig mense het verdrink in ondergrondse ruimtes soos kelders en motorhuise, insluitend 14 in ‘n oorstroomde moltreinstelsel. China se Staatsraad sê hy het ‘n span aangestel om die oorstromings en sterftes te evalueer en mense sal aanspreeklik gehou word.