Premier van KZN: 206 tydelike wooneenhede vir vloedslagoffers voltooi

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê daar is tot op hede minstens 206 tydelike wooneenhede vir vloedslagoffers in die provinsie voltooi en vordering word gemaak met die identifisering van nog grond om op te bou. Tot dusver is vier eiendomme van Tongaat Hullet geïdentifiseer. Zikalala sê van die grond wat in ander dele van die provinsie geïdentifiseer is, het 258 persele, wat 41,88 persent verteenwoordig, geen geofisiese beperkings nie, met 5,8-persent wat in die eThekwini-metro geleë is.