Nuwe voorsitter van Bankiersvereniging aangekondig

Bank Windhoek se besturende direkteur, Baronice Hans, is as die nuwe voorsitter van die Bankiersvereniging van Namibië aangewys. Die verantwoordelikheid van die voorsitter van die vereniging roteer jaarliks onder die besturende direkteure van die huidige vyf handelsbanke in Namibië. Hans neem oor by Nedbank Namibia se besturende direkteur, Martha Murorua. Die vereniging bespreek kritieke sake in die bankwese om absolute regverdigheid teenoor die publiek te verseker.