PPI: Vleisverwerking styg in tweede kwartaal

Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap se Produsentprys-indeks vir die tweede kwartaal van 2022 staan dit vir die verwerking en preservering van vleis op 188,2 basispunte, ‘n toename van 15 basispunte in vergelyking met die 173,2 basispunte wat in 2021 aangeteken is. Jaarlikse inflasie vir vleisverwerking vir die tweede kwartaal van 2022 was 8,6 persent, ‘n afname van 37,7 persentasiepunte teenoor die koers van 46,3 persent wat in dieselfde kwartaal van 2021 aangeteken is.