SA Resewerbank verhoog repokoers met 75 basispunte

Soos verwag het die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers vandag met 75 basispunte verhoog. Dit kom nadat die repokoers ook in Julie vir die eerste keer in 20 jaar met 75 basispunte verhoog is. Dit bring die repokoers waarteen die sentrale bank geld aan handelsbanke uitleen, op 6,25 persent te staan en die prima rentekoers van banke op 9,75 persent. Internasionale markte was vandag in ‘n warboel in reaksie op die Federale Reserweraad van Amerika se besluit oornag om sy uitleenkoers met 75 basispunte te verhoog. Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat dit beteken vir die oliepryse en die Amerikaanse dollar.