Agri SA vra Eskom moet saam met boere oor beurtkrag werk

Agri SA vra Eskom om met boere saam te werk om die uitwerking van beurtkrag die hoof te bied. Die organisasie maan die huidige energiekrisis sal voedselsekerheid in die komende jaar raak, tensy boere maatreëls instel om die uitwerking van beurtkrag te versag. Volgens Agri SA is betroubare kragtoevoer veral van kritieke belang vir die sektor se besproeiing- en waterbehandelingstelsels. Die gevolg van die volgehoue kragonderbrekings kan in die toekoms tot voedseltekorte en hoë pryse lei.