Rondloper tier: Owerhede wat gevangeneskap toelaat is ook verantwoordelik

Die DBV in Gauteng sê owerhede wat toelaat dat wilde diere in gevangeneskap aangehou word moet verantwoordelikheid neem wanneer die diere ontsnap. Suid-Afrika het van die mees omstrede wetgewing in die verband. Die DBV se aanmerkings kom na nog ‘n tier vandag by Edenvale opgemerk is. Die organisasie is van mening die tier is ‘n nege-maande-oue wyfie. DBV-woordvoerder, Keshvi Nair, het met die media gepraat.