Politieke ontleder: Ramaphosa speel veilig

‘n Politieke ontleder en visie-kanselier van die Universiteit van Fort Hare, Oscar van Heerden, sê President Cyril Ramaphosa speel veilig, want dit is nie nou die tyd om vyande te maak nie. Dit volg na verdere openbare druk vir hom om op te tree teen die ministers in sy kabinet wat nie na behore presteer nie. Van Heerden glo die rede vir sy huiwering is tydsberekening, want om herverkies te word vir ‘n tweede termyn kan Ramaphosa nie bekostig om nou sy kabinet te skommel nie.