Polisie was reg om Smith te arresteer by Oscars

Die vervaardiger van die Oscar-seremonie sê die polisie was gereed om die akteur Will Smith in hegtenis te neem nadat hy die komediant Chris Rock geklap het in ‘n voorval wat steeds wêreldwyd opslae maak. Smith, wat later die Oscar vir beste akteur gewen het, was ontsteld omdat Rock met sy vrou se kaalgeskeerde kop die spot gedryf het. Sy ly aan ‘n siekte wat haarverlies veroorsaak. Die vervaardiger Will Packer sê die polisie wou die akteur arresteer vir aanranding, maar Rock wou nie ‘n klagte indien nie.