Skuld staan op N$113,1m

Kredietverlening vir die privaatsektor vir Februarie is deur die Bank van Namibië bekend gemaak. Krediet het met 2,8 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem, effe hoër as die 2,7 persent wat in Januarie aangeteken is. Maar, sou die krediet wat deur buitelanders in Namibië geneem het bygereken word dan het kredietverlening in Februarie met 7,1 persent gegroei. Die totale krediet wat aan die privaatsektor verleen is staan tans op 113,1 miljard Namibiese dollar.