Polisie ondersoek swangerskap in meisie met Downs

Die Namibiese polisie ondersoek ‘n moontlike saak van verkragting in die hoofstad. Volgens die mag se woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, is die slagoffer ‘n 19-jarige meisie met Down-sindroom. Sy het blykbaar gekla haar maag pyn wat uiteindelik gelei het tot die ontdekking dat sy 13 weke swanger is. Shikwambi sê ‘n ondersoek is geloods maar daar is nog geen verdagte nie. Dit is ook nie bekend wanneer die beweerde oortreding plaasgevind het nie.